Nazi-Duitsland

Deutsches Reich (1933–1943)
Großdeutsches Reich (1943–1945)

Duitse Ryk (1933–1943)
Groot-Duitse Ryk (1943–1945)
1933–1945
Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Leuse: Ein Volk, ein Reich, ein Führer
(Duits vir: "Een volk, een ryk, een leier")
Volkslied: De jure: Deutschlandlied
(Duits vir: "Lied van die Duitsers")

De facto: Horst-Wessel-Lied
Ligging of Nazi-Duitsland
Ligging of Nazi-Duitsland
Die Derde Ryk met besette gebiede in 1942
Hoofstad Berlyn
52°31′N 13°24′O / 52.517°N 13.400°O / 52.517; 13.400Koördinate: 52°31′N 13°24′O / 52.517°N 13.400°O / 52.517; 13.400
Taal/Tale Duits
Regering Republiek
President
 - 1933–1934 Paul von Hindenburg
 - 1934–1945 Adolf Hitler (Führer)
 - 1945 Karl Dönitz
Kanselier
 - 1933–1945 Adolf Hitler
 - 1945 Joseph Goebbels
Wetgewer Parlement
Historiese tydperk Nuwe Tyd
 - Magsoorname deur Adolf Hitler 30 Januarie 1933
 - Magtigingswet 24 Maart 1933
 - Anschluss (Anneksasie van Oostenryk) 12 Maart 1938
 - Reichskristallnacht 9 November 1938
 - Inval van Pole, begin van die Tweede Wêreldoorlog 1 September 1939
 - Selfmoord van Adolf Hitler 30 April 1945
 - Onvoorwaardelike oorgawe 8 Mei 1945
 - Finale oorgawe 23 Mei 1945
Oppervlakte
 - 1939 633 786 km2
244 706 sq mi
Bevolking
 - 1939 skatting 79 375 281 
     Digtheid 125,2 /km² 
324,4 /sq mi
Geldeenheid Reichsmark (ℛℳ)
Voorafgegaan deur
Opgevolg deur
Republiek van Weimar
Saarland
Oostenryk
Tsjeggo-Slowakye
Pole
Duitse Demokratiese Republiek
Wes-Duitsland
Oostenryk
Pole
Tsjeggo-Slowakye

Nazi-Duitsland of die Derde Ryk (Duits: Drittes Reich) verwys gewoonlik na Duitsland in die jare tussen 1933 en 1945, toe dit onder die beheer was van Adolf Hitler se diktatorskap en die ideologie van nasionaal-sosialisme ('n weergawe van fascisme).

Uitbreiding van Nazi-Duitsland vanaf 1933
Die Derde Ryk in 1944

Die term Nazi is 'n kort vorm van die Duitse Nationalsozialismus; die ideologie was ingestel in die NSDAP (Nationalsozialistische Deutsche Arbeiterpartei), die Nasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeidersparty, of Nazi-party in kort.

Die Derde Ryk is 'n verafrikaansing van die Duitse uitdrukking "Drittes Reich", en word gebruik as 'n sinoniem vir Nazi-Duitsland. Die term is in gebruik geneem deur Nazi-propaganda, wat die Heilige Romeinse Ryk as die eerste Reich beskou het, 1871 se Duitse Keiserryk as die tweede, en hulle eie bewind as die derde. Dit is gedoen met die doel om 'n terugkeer te suggereer na die voormalige Duitse glorie na die beweerde mislukking van die 1919 Republiek van Weimar.

Die Derde Ryk is soms ook die "Duisendjarige Ryk" (Tausendjähriges Reich) genoem, soos beplan deur sy stigter, Adolf Hitler, om te bestaan vir 'n duisend jaar.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search